BREAKING NEWS: Hoekom sloer Wagpos pad se herstel?
BRITS – Volgens Rld Johan Pieterse dring die Unemployment Forum daarop aan dat hulle mense moet indiens neem wat in die Oukasie en omgewing bly wat nie werk het nie.
Daar het hulle tot ‘n ooreenkoms gekom en weer begin werk, hulle is dadelik weer gestop ‘n dag of twee later deur die Business Forum, wat sê die Business Forum is nie geken in die herstel van die pad nie en daar mag nie masjienerie by besighede in Brits gehuur word nie. Die masjinerie moet by hulle gehuur word teen ‘n alternatiewe tarief.
Al die inligting is nou bymekaar gesit en word deurgegee na Provinsie toe wat drasties moet ingryp in die probleem want Madibeng Munisipaliteit kan nie op die pad inmeng nie.
Inligting word deurgegee soos dit ontvang word vanaf die projek bestuurder. Dit maak dit onsettend moeilik vir die gemeenskap om elke dag kinders op en af te laai, asook gevaarlik vir motoriste met die risiko’s wat toeneem. Die saak sal op ‘n baie hoër vlak hanteer moet word en daar sal daagliks druk op die relevante persone gesit word om antwoorde asook aksie te kry.