Verdagtes word vinnig vasgetrek na treinspoor diefstal
BRITS – ‘n Afriforum lid rapporteer verdagtes wat die treinspoor beskadig agter Lighthouse Christian skool in Raasblaar straat. Afriforum Buurtwag lede reageer saam met Sekuriteits maatskappye en begin na die verdagtes soek in die area.
‘n Beskrywing van die verdagtes word deur gegee en kort daarna was hulle gevang met kabels in hulle besit. Transnet Sekuriteit is laat weet en die verdagtes is oorhandig waarna ‘n saak by die Polisie gaan open is.
Baie dankie aan almal wat betrokke was in die voorval: OP08 Afriforum, OP09 Afriforum, OP10 Afriforum, E29 Afriforum, Monitor Net Sekuriteit, Protego Sekuriteit Secra Sekuriteit, PPS Sekuriteit en Transnet Sekuriteit. Met paraat gemeenskap lede sal ons saam ‘n verskil maak en verandering bring in ons omgewing.