Wagpos leerder word weer verkies vir 0/19 Onderwater Hokkie
BRITS – Ruan Barnard, ‘n leerder van Hoërskool Wagpos het in 2022 vir die eerste keer die Gauteng 0/19 Onderwater hokkie span gehaal op die ouderdom van 15. Hulle span het derde gekom by die nasionale toernooi.
Ruan word hierdie jaar weer verkies vir die 0/19 span wat einde Maart deelneem aan die junior nasionale toernooi by Reddam in Johannesburg. Die Hoërskool Wagpos saam met die gemeenskap is baie trots op jou en hou jou met belangstelling dop. Geluk jong man!