Bloedskenk red lewens – en dit kan dalk jou lewe eendag red!

BRITS – HEMS is baie trots op een van hul Paramedikuste Danie Booyjens wat 100 keer bloed geskenk het. Geluk met hierdie groot mylpaal Danie! As jy as leser elke 56 dae jou moue oprol, maak jy dit vir drie mense moontlik om meer tyd saam met hul geliefdes deur te bring. Gaan skenk bloed vandag by jou naaste SANBS Bloedbank!
‘n Paar interessante feite oor bloedskenk:
– n Gesonde individu kan gemiddeld 330 keer in sy/haar leeftyd bloed skenk.
– Bloed uit die O-groep is altyd in aanvraag, want dit kan aan enige pasiënt gegee word in ’n noodgeval. Een uit drie mense behoort tot hierdie groep.
– AB-negatief is die skaarsste bloedgroep en minder as 1% van die bevolking behoort tot hierdie groep.
– Bloed het vier hoofbestanddele: rooibloedselle, witbloedselle, plasma en bloedplaatjies.
– ’n Enkele eenheid bloed kan verdeel word in hierdie verskeie bestanddele en gebruik word om tot drie pasiënte te behandel.