Damara park word uiteindelik gesny
BRITS – Die Madibeng Munisipaliteit was besig vandag in Damara park om die lang gras wat vir maande oorgroei, te sny. Inwoners van die omgewing was verlig dat die lang bosse gesny word naby hul huise wat beter veiligheid bied in die aande waar gevaar kan wegkruip.