BREAKING NEWS: Na jare… Lig aan die einde van die Wagpos pad!
BRITS – Inwoners van die omgewing asook motoriste wat daagliks die Wagpos pad gebruik kon van gister af sien dat daar verwikkelinge gebeur wat baie verligting gaan bring. Khuluphala Tradings is tans besig met dringende herstelwerk op die pad wat vir motoriste asook skoolkinders ‘n daaglikse gevaar is.
Vir meer as 3 jaar is daar druk toegepas dat daar herstelwerk aan die pad gedoen moes word wat ‘n groot gevaar vir die motoriste ingehou het. Raadslid Johan Pieterse van die Democratic Alliance Madibeng (Democratic Alliance) het dit sy missie gemaak om maandeliks op te volg en in November 2022 was ‘n vergadering belé gekry waar daar onderneem was om so spoedig moontlik iets aan die saak te doen.
Vandag werp dit vrugte af en almal in ons omgewing is dankbaar dat die herstelwerk begin het. Daar is besigheids eienaars tans besig om ‘n NPO te stig wat bydraes sal hanteer om ander projekte te fonds wat vir die verbetering van ons omgewing sal bydrae. Alle eer aan God wat die guns gegee het dat dié projek ‘n realiteit geword het.