Wat kryp alles in die bos weg?
ELANDSRAND – Die maandelikse grasny van parke sloer al ‘n geruime tyd in ons omgewing. Die park wat grens aan Drakensberg straat in Elandsrand is een van vele wat dringende aandag kort. Gras en bossies staan etlike meters in die lug. Gesinne wat naby en teen die park bly rapporteer ‘n geruime tyd dat die Munisipaliteit moet plan maak om die park wat in ‘n bos verander het op te ruim.