Rou riool loop vir weke in straat af
BRITS – Inwoners van Macintyre straat moet hul neuse toedruk en saam leef met die stank wat ‘n geblokte riool pyp veroorsaak vir meer as 6 weke. Rou riool water wat konstant by ‘n geblokte riool pyp uitstroom het nog geen herstelwerk ontvang vanaf die Munisipaliteit, nadat vele oproepe gemaak is vanaf desperate inwoners wat intussen ‘n voor gegrou het om die water weg te lei vanaf die pad.Die rou riool stroom dus nou in ‘n naby veld in asook ‘n storm water pyp wat na die Krokodilrivier toe vloei. Daar wag groot gesondheids risikos op die horison as daar nie aan die probleem dadelik gewerk kan word nie.