Afriforum met sekuriteit en ambulans diens bied hulp na plaas aanval

BRITS – Die Afriforum GOS kamer het ‘n noodroep van een van hul lede ontvang dat daar ‘n huisbraak was by die betrokke party se huis in die Zandfontein area. Reaksie lede en Monitor Net staan af op toneel enkele minute na die roep deur gekom het en vind een ernstig beseerde slagoffer asook een minder erntig beseerde slagoffer. Een van die slagoffers is deur H.E.M.S na die hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die perseel en toneel was beveilig en SAPS was gekontak en ontbied na die toneel. Die verdagtes was gewapen met n byl, mes en handwapen en het geld en juweliersware gesteel en was ook opsoek na vuurwapens maar kon gelukkig geen vuurwapens kry nie. Afriforum Brits Tak bedank al die betrokke lede asook Monitor Net sekuriteit en H.E.M.S vir die belangrike hulp wat julle almal gebied het. Die saak word tans ondersoek deur die Polisie.