Afriforum Brits Tak en Protego sekuriteit bied hulp gedurende huisroof

BRITS – Die Afriforum GOS kamer het ‘n dringende noodroep ontvang van een van hul lede oor die radio, dat daar ‘n huisbraak besig was om plaas te vind by Tropicana. Afriforum GOS kamer ontbied hul reaksie lede saam met sekuriteits maatskappye. Reaksie lede en Protego staan af op toneel enkele minute na die noodroep ontvang was. Die perseel is deur gegaan en beveilig.

Spore was gevind en gevolg waar daar op die gesteelde items afgekom is. Dit was terug oorhandig aan die eienaar. Afriforum Brits Tak bedank al die betrokke lede asook Protego sekuriteit vir die belangrike hulp wat julle almal gebied het.