Ongelukke wat wag om te gebeur

BRITS – Na die groot reën wat die omgewing die afgelope maand ontvang het, het dit vir motoriste ‘n nagmerrie geword om daagliks op die Wagpos pad buite Brits te ry. Motoriste se klagtes oor die stuk pad word nie gehoor nie, en hou gevaar vir beide motoris en voetganger in. Met die reën is meerderheid van die slaggate op die pad weer oopgespoel waar daar ook huishoudelike rommel en baba doeke oor die pad versprei was. Lede van die gemeenskap versoek dringend dat daar werk gemaak word aan die probleem. Motoriste word gewaarsku om baie versigtig te ry.