Boere stroop ‘n ding raak in ons omgewing!
BRITS – Die afgelope maand is baie vragmotors gesien in Brits wat hul pad reguit na die Koöperasie gemaak het. Koring stroop is nie grappies nie, en daar is lang ure betrokke. Die afgelope reën wat ons gebied ontvang het, het dinge nog stywer gemaak vir ons boere. Ons wil dankie se aan ons hemelse Vader vir die goeie reënval hierdie seisoen. Ons bedank ook die boere en hul werkers vir harde werk om voedsel in huishoudings te kan verseker.