AfriForum Brits ondersteun ‘n volhoubare toekoms by Laerskool de Kroon

BRITS – AfriForum se Brits tak het saam met die leerders van Laerskool de Kroon op 27 September 2022, twee Wit Stinkhout bome geplant ter ondersteuning van boomplantmaand. Die Brits tak bedank al die onderwysers en leerders wat geesdriftig geluister, geleer en deelgeneem het.

Volgens Rudi Bosch, koördineerder vir omgewingsake, is dié inisiatief deel van AfriForum se ideaal om ‘n volhoubare toekoms vir die volgende geslagte te verseker. Bome is deel van die ekosisteem en ‘n natuurlike hulpbron waarsonder niks of niemand in staat sou wees om te oorleef nie. Dit verskaf immers suurstof, skaduwee en voedsel aan mens en dier.

Die Wit Stinkhout is ‘n geharde, inheemse boom wat vinnig groei en bestand teen droogte is. Countryside Nursery word bedank vir die skenking van die bome. Afriforum Brits asook Laerskool de Kroon waardeer die bydra opreg.