Nalatigheid kan ‘n been breek…

BRITS – In Van Deventer straat langs Mareepark word voetgangers gewaarsku om op die uitkyk te wees vir gate wat gegrawe was. Op inspeksie deur die Independent Co, is gesien dat daar vele gate langs die park gegrawe was om aan krag kabels te werk. Die gate is nalatig oop gelos met geen verdere herstel werk wat gedoen is om die risiko te vermy dat voetgangers erg beseer kan word. Veral in die aande waar die gate nie gesien kan word omrede die straatligte nie werk nie.