Meerhof padwerke bring verligting

HARTBEESPOORT – Padwerke wat deur die Madibeng Munisipaliteit gedoen was het verligting aan inwoners van Meerhof gebring. In Findlay avenue wat om Swartspruit loop was die Munisipalitiet besig om die pad te herstel wat vir jare al deur slaggate aan die kant van pad belemmer word.

Veiligheid van motoriste asook leerders van Meerhof Skool wat die pad gebruik op ‘n daaglikse basis is verlig. Nog vele herstelwerk aan die paaie moet verrig word in Meerhof asook groot dele van Hartbeespoort om die gebiede veilig vir motoriste te maak