Dit is weer sulke tyd…!

BRITS – Die jaarlikse Aarbei-musiekfees Vrydag, 2 en Saterdag, 3 September 2022, wat hierdie jaar gehou word by Heart Land Equestrian Park, langs die N4 by die afrit op die R511 na Brits/Hartbeespoort, wat klein en groot nooi om die aarbeie, musiek en vele meer te kom geniet!

Die Aarbei-Musiekfees het in 2009 ontstaan uit ‘n idee van wyle Pierre van Deventer en Echo Berry/In2food. Hulle het besluit om tonne aarbeie te skenk wat verkoop sal word sodat die opbrengs aangewend kan word vir liefdadigheid in die Brits/Hartbeespoort area, geleë in die Magaliesberg Biosfeer. Dit word gekombineer met ʼn kulinêre fees van heerlike voedsel en snuisterye, verskeidenheid stalletjies en ook musiek gespeel deur van die beste kunstenaars. Die fees het ʼn Afrikaanse kultuur maar erken sy groter Suid-Afrikaanse oorsprong.

Die hoofdoel bly steeds soos altyd vir die ondersteuning van liefdadigheid en om so terug te ploeg in die gemeenskap van Brits en omgewing. Dit word gedoen deur donasies aan verskeie verdienstelike organisasies te maak. Tydens 2020/2021 se Covid-19 pandemie het ons steeds voort gegaan met aarbei verkope alhoewel dit nie vol waardige feeste was nie. Tydens 2021 se aarbei verkope het ons om en by 14 ton (14 000 kg) aarbeie verkoop. Die vorige jare se Arbeifees fondse het hulp gebied aan 2 kinderhuise, ‘n skool vir gestremde kinders, ‘n kerk, Rotary Club, 2 voedsel projekte en verskeie minder bevoorregte kinders. Almal wie gebaat het by die donasies vanaf die Aarbeifees in die Brits/Hartbeespoort omgewing.

Ingangsfooi sal R100 p/p per dag wees waar kinders onder 13 gratis is. Kaartjies is by die hek beskikbaar. Bring asseblief u eie kampstoele. Daar is ook ‘n biertuin, perdeskou, +-180 stalletjies, aarbei smoothies, verskeie aarbei produkte en natuurlike TONNE aarbeie wat by die fees aangebied sal word. Sangers wat sal optree is Marli, Lollos, Rooksein, Berinice West, Abreu, Reinhardt Venter, Juanru Ray, Ivan Roux, Martin Bester, Juan Boucher en Juanita en Kaalvoetkinners.

Aarbei Pryse:

Teen weggee pryse dieselfde as 2021!

250 g punnet – R8

4 kg (16 x 250g punnet) – R110

1 kg gesnyde aarbeie – R25

5 kg los aarbeie – R100

Aarbei konfyt – R25

Hierdie jaar word die Aarbei Musiekfees opgedra aan Grobbie Grobler. Sy was een van die eerste rolspelers heel aan die begin. Tannie Grobbie sal onthou word vir haar hulpvaardigheid, altyd betrokke wees, stille waarneming, ondersteuning aan siek mense en haar barmhartige hart teenoor baie behoeftige mense in die Brits Gemeenskap. Ons gaan haar verseker mis.

Die organiseerders bedank graag alle rolspelers betrokke by hierdie jaar se Aarbei-Musiekfees naamlik: Kommitee van Aarbeifees, Heart Land Equestrian Park, In2Food, Echo Berry Ventures, Yara, Tal-Tec, TWK, Obaro, alle uitstallers en die helpers met verkope van kaartjies en aarbeie asook die plaaslike media: The Independent Co, GateWay Magazine, Kormorant en Brits Pos.

Hekke open Vrydag om 13:00 en Saterdag om 10:00.

Kontakte: Website: www.aarbeifees.co.za

Facebook: www.facebook.com/aarbeifees/

E-Mail: admin@aarbeifees.co.za