Twee-jarige byt slang terug en oorleef
TURKYE – ‘n Tweejarige meisie het as die kampioen uit die stryd gekom toe ‘n slang haar gebyt het. Die meisie was besig om op 10 Augustus 2022 by haar huis in Turkye te speel, toe haar geskree die bure kwaad doening laat vermoed het. Toe hulle by haar aankom, het hulle haar gekry met ‘n slang tussen haar tande en ‘n bytmerk op haar lip. Daar is met die meisie na die Bingol Kinderhospitaal gejaag waar sy vir 24 uur waargeneem was. Sy was later deur die Hospitaal ontslaan. Die slang is wel dood. Volgens plaaslike media was die kleuter besig om met die slang te speel toe dit haar byt en sy besluit het om terug te byt.