Kom wees deel van Brits Tennis Club

BRITS – Tennis is ‘n uitstekende kardiovaskulêre oefening wat spierkrag, uithouvermoë, balans, koördinasie en fiksheid verbeter. Aangesien jy ‘n maat nodig het om ‘n wedstryd te speel, kan dit ook sosiale interaksies verhoog tussen mense. Boonop is tennis ‘n sport wat jy op enige ouderdom kan speel wat ‘n goeie invloed op jou gesondheid kan hê. Lede van die gemeenskap kan aansluit by die Brits Tennis Klub om hulself te verbeter in die sport, asook om deel te kan word van ‘n span spelers wat met tuis en weg wedstryde teen ander spanne kompeteer. Lidmaatskap gelde vir strek vanaf Maart tot Februarie en is R1 390.00 tans vir die jaar.

Die lede van Brits Tennis Klub is met Gauteng Noord Tennis en Tennis Suid-Afrika geaffilieer. Indien lede van die publiek aansluit by die klub, ontvang jy ‘n sleutel wat toelaat om enige tyd van die tennis bane gebruik te maak. Daar is drie bane met ligte sodat lede in die aand ook kan speel. Die klub speel op Saterdae middae, vanaf 2 uur sosiale tennis waar alle lede teen mekaar kan speel.

Na afloop van sosiale spele op Saterdae, kuier lede van die klub lekker met mekaar asook een keer elke maand word ‘n braai by die klub gehou vir die bestuur, lede van die tennis klub asook hul families wat nie deel is van die klub nie. Die Brits Tennis Klub is tans besig met liga wedstryde teen klubs van Pretoria. Op Saterdag 13 Augustus het hulle tuis gespeel teen Eldorain en Brits het gewen met 11 potte teenoor 7.

Die volgende wedstyde is as volg:

Saterdag 27 Augustus: Tuis teen Sinowill.

Saterdag 03 September: Weg teen Noordelike Voorstede.

Saterdag 10 September: Tuis teen Doringkloof.

Die klub se veteraan kampioenskappe begin Oktober. Hulle speel enkels, dubbels en gemengde kampioenskappe. Die klub se ope kampioenskappe is in Januarie 2023. Enige lede van die gemeenskap wat meer inligting wil kry oor die klub kan elke Saterdag middag by die klub gaan draai om met voorsitter van die Tennis Klub, Anton Rudman te gaan gesels of die Sekretaris, Kobus Ayres. Daar kan ook ‘n e-pos vir meer inligting gestuur word na: britstennisklub@gmail.com