Noodlottige ongeluk op die R511

BRITS – HEMS was op die toneel waar ‘n bakkie gerol het, net buite Brits op die R511 na Alpha kruising. Een persoon het ernstige beserings opgedoen en is na ‘n hospitaal in Brits vervoer en die pasiënt is later oorgeplaas na ‘n hospitaal in Pretoria. Een persoon is op die toneel dood verklaar.