BREAKING NEWS: “Ons Dorp Projek” Vat Vlam!

BRITS – AfriForum Brits asook lede van die gemeenskap het spoedig aan die werk gespring om ‘n verskil te maak met die “Ons-Dorp Projek” wat op Vrydag oggend, 22 Julie 2022, plaasgevind het. Die groep was van vroeg oggend af besig met skoonmaak by Damara Parkie in Aletta straat.
Plakkers in die area wat in die baksteen gebou asook die afdak wat omgeslaan het en in ‘n skuiling omskep was, is verwyder asook alle strukture en ongewenste elemente. Die parkie was ‘n seer oog vir die gemeenskap. Die area was as ‘n gevaarsone aanskou as gevolg van die dwelm misbruik wat in die parkie plaasvind.
Met die skoonmaak is komberse, matrasse asook vele ander rommel stukke verwyder. Naalde, leë sakkies met poeier, gebruikte kondome, ‘n patroon asook dwelm toebehore was gevind. Die was net die begin van baie soortgelyke projekte wat AfriForum Brits saam met die gemeenskap gaan aanpak in die toekoms om ons dorp ‘n veiliger en skoner plek vir almal te kan maak.
AfriForum Brits bedank almal wat hard saam gewerk het om Damara Parkie op te knap. Dankie aan AfriForum Brits lede, die gemeenskap, Anton Jansen Tuindienste, Herman du Plessis Tuindienste, Willemien Barnard (Regeringsake), Rudie Bosch (Omgewingsake), Thys van Heerden (Veiligheid), PPS Monitering, Rudi Bosch SkipGo, Talisman, MonitorNet, ADT, All Over Connection, VF Plus Brits, Brits SAPS, Smit Rewinders, Model Melkwinkels, Ferdie van Zyl, Alwyn McAlpine en Gerhard Engelbrecht.
Die Madibeng Munisipaliteit word versoek om asb. te sorg vir instandhouding by Damara Park.