Gevaarlike padtoestande op die Wagpos pad

BRITS – Soos berig op 25 Junie, vloei riool water steeds vanaf Oukasie uit ‘n verstopte rioolpyp na die Wagpos pad, wat gevaar vir motoriste inhou en meer skade aan die pad veroorsaak.
Inwoners in die area het berig dat die kanaal versper is intussen om water weg te keer wat na die pad toe vloei maar geen werk is nog gemaak aan die oorsaak van die riool water nie.
Ondersoek is gedoen en daar is gevind dat die riool water oor die pad vloei tot in ‘n kanaal wat na die landerye lei in die area. ’n Groot gesondheids risiko is op die horison as die Madibeng Munisipaliteit nie die groeiende krisis haastig regstel nie.