Stadige ingryping met herstelwerk van slaggate in Madibeng
BRITS – Stadige ingryping met herstelwerk van slaggate deur die Madibeng Munisipaliteit kan orals die dorp vol gesien word. In Boekenhout straat moet motoriste uitswaai vir slaggate wat dele van die pad onbestuurbaar maak. Tot dusver is die slaggate met sand opgevul wat met tyd weer uitgery word.