Ongeluk op die Van Der Hoff pad
HARTEBEESPOORT – Sondag was daar ‘n ongeluk naby Ten rooms op die Van der Hoff pad. Twee karre was betrokke. Twee mense het beserings opgedoen.
Een persoon het ernstige beserings opgedoen en HEMS se paramedic het die pasient behandel op toneel en na ‘n hospitaal vervoer in Brits. Die ander pasient met minimale beserings wou nie vervoer word nie.